
Die jongmense van gemeente Verwoerdburg het onlangs gaan kamp. Lekkerkerker was daar om die aksie vas te vang. Stuur vir ons fotos van julle gemeente se aktiwiteite.
Wat is lekkerkerker? Lekkerkerker is 'n virtuele jeug-gemeenskap. Die bloggers is dominees van die Hervormde Kerk en ons maak beurte om te blog. Enige ou is welkom om by lekkerkerker aan te sluit. Skryf hierlangsaan in.
Waar is lekkerkerker? Lekkerkerker is oppie net - Ja, natuurlik die Internet, nie die tennisnet of die krieketnet nie, miskien wel die visnet - ons is mos vissers van mense en hoe anders vang jy visse as met 'n net?
Hoekom die naam?
· lekkerkerker is 'n Hollandse van (soos du Toit). AFN Lekkerkerker was 'n Hollandse teoloog wat baie boeke geskryf het.
· dit sê ook iets van hoe ons as jong mense die kerk beleef - o ja en dit is so lekker om dit hardop te sê: probeer dit bietjie: l-e-k-k-e-r-k-e-r-k-e-r, ok sê dit nou vinnig drie keer na mekaar: lekkerkerker, lekkerkerker, lekkerkerker, sê dit nou aanmekaar, so: lekkerkerkerlekkerkerlekkerker - gebruik julle selfone se stem-opneemfunksie en stuur vir ons - dan kyk ons wie kan dit die vinnigste sê sonder om te struikel.
· Daar word ook gesê dat die groot "brands" van die wereld twee of meer eksplosiewe klanke in het - soos CocaCola. Ek hoop dat hierdie naam sommer gou deel sal uitmaak van gelowige jongmense.
Logo: Ons het nog nie een nie, want as julle gedink het ons dominees het tyd om logos uit te dink, moet julle weer dink - ons moet preke maak. Kom ons hou 'n logo kompetisie - jy kan niks wen nie, maar eendag as ons groter as facebook is sal ons jou naam noem.
No comments:
Post a Comment
Lug jou mening ...