Krag vir vandag
Toe die mens (Eva sowel as Adam) ongehoorsaam was, kruip hulle weg van skaamte. "Spyt kom altyd te laat", is ons spreekwoord. Vir God is dit nooit te laat nie. God sal altyd weer kom soek na sy kinders - "Waar is jy?" is God se roepstem - vandag nog in my en jou lewe. Hy sal altyd van sy kant af opnuut moeite doen met ons. God gee nooit op met ons nie - selfs nie die dood kon Hom keer nie.
Don Franciso sing ook 'n mooi lied hieroor:
Welkom by lekkerkerker
Wat is lekkerkerker? Lekkerkerker is 'n virtuele jeug-gemeenskap. Die bloggers is dominees van die Hervormde Kerk en ons maak beurte om te blog. Enige ou is welkom om by lekkerkerker aan te sluit. Skryf hierlangsaan in.
Waar is lekkerkerker? Lekkerkerker is oppie net - Ja, natuurlik die Internet, nie die tennisnet of die krieketnet nie, miskien wel die visnet - ons is mos vissers van mense en hoe anders vang jy visse as met 'n net?
Hoekom die naam?
· lekkerkerker is 'n Hollandse van (soos du Toit). AFN Lekkerkerker was 'n Hollandse teoloog wat baie boeke geskryf het.
· dit sê ook iets van hoe ons as jong mense die kerk beleef - o ja en dit is so lekker om dit hardop te sê: probeer dit bietjie: l-e-k-k-e-r-k-e-r-k-e-r, ok sê dit nou vinnig drie keer na mekaar: lekkerkerker, lekkerkerker, lekkerkerker, sê dit nou aanmekaar, so: lekkerkerkerlekkerkerlekkerker - gebruik julle selfone se stem-opneemfunksie en stuur vir ons - dan kyk ons wie kan dit die vinnigste sê sonder om te struikel.
· Daar word ook gesê dat die groot "brands" van die wereld twee of meer eksplosiewe klanke in het - soos CocaCola. Ek hoop dat hierdie naam sommer gou deel sal uitmaak van gelowige jongmense.
Logo: Ons het nog nie een nie, want as julle gedink het ons dominees het tyd om logos uit te dink, moet julle weer dink - ons moet preke maak. Kom ons hou 'n logo kompetisie - jy kan niks wen nie, maar eendag as ons groter as facebook is sal ons jou naam noem.
Wednesday, March 17, 2010
"Hoe-jy-lyk-kultuur"
Vir enige ouer wat opsoek is na insig oor hoekom tieners (veral dogters) rebels optree is hierdie boek goud werd. As ouers besef ons nie aldag onder watter druk ons kinders leef nie. Die kultuur van ons tyd kweek 'n onbewustelike tipe diskriminasie in ons denke - dit word genoem "lookism". Diskriminasie op grond van voorkoms. Veral tienerdogters kry deur die "hoe-jy-lyk-kultuur" die boodskap dat dit is hoe die w^ereld wil h^e hulle moet wees. Musiek-videos, advertensies, TV en tydskrifvoorblaaie fokus net op "looks", boude en borste. Hierdie voorkoms-utopie is 'n drog-werklikheid. Tieners voel egter 'n soort skuldgevoel omdat hulle nie kan wees wat die w^ereld wil he hulle moet wees nie.
Lees die boek verder of lees ten minste net die volgende artikel daaroor. Een ding wat ouers sal moet doen, is om ons kinders te leer dat mens nie net waardeer word vir hoe jy lyk nie. Ons moet vir ons kinders "icons" helde voorhou van mense wat waardeer word vir hulle vaardighede en vermo"ens - spesifiek vrouens. Dit moet deel wees van ons gesprekke en ons ingesteldheid teenoor mense. Ons kan dalk hierdie blog gebruik om mekaar bewus te maak van spesiefiek vroulike ikoon-figure wat bekend is vanwe"e hulle vermo"ens.
Hierdie is natuurlik nie net 'n blog vir ouers nie, so julle moet asb. almal help - stuur vir ons wie jou lysie is van vroue wat bekend is juis vir dit wat hulle bereik het.
Hier is 'n lysie van bekende vroulike wetenskaplikes:
Maria Gaetana Agnesi
Elda Emma Anderson
Agnes Arber
Angelique Arvanitaki
Winfred Ashby
Charlotte Auerbach
Hertha Ayrton
Emily Barringer
Rosemary Biggs
Elizabeth Blackwell
Emily Blackwell
Emma Lucy Braun
Rachel Fuller Brown
Annie Jump Cannon
Mary Agnes Chase
Gabrielle Emilie Le Tonnelier de Breteuil Châtelet-Lomont
Gerty Theresa Rasnitz Cori
Marie Curie
Gladys Rowena Dick
Tilly Edinger
Minnie Joycelyn Elders
Gertrude Belle Elion
Gladys Anderson Emerson
Alice Evans
Dame Honor Bridget Fell
Margaret Clay Ferguson
Amalia Fleming (Coutsouris)
Lady Margaret Augusta Jennings Florey (Fremantle)
Rosalind Elsie Franklin
Charlotte Friend
Dame Frances Violet Gardner
Sophie Germain
Maria Goeppert-Mayer (Goeppert)
Dame Helen Charlotte Isabella Gwynne-Vaughan
Alice Hamilton
Jean (Emmeline) Hanson
Ethel Harvey (Browne)
Elizabeth Hazen
Dorothy Mary Hodgkin (Crowfoot)
Hypatia
Elsie Maud Inglis
Sophia Louisa Jex-Blake
Irene Joliot-Curie (Curie)
Isabella Helen Karle (Lugoski)
Sofya Vasilyevna Kovalevskaya