Krag vir vandag

Gen 3:9

God roep na ons

Toe die mens (Eva sowel as Adam) ongehoorsaam was, kruip hulle weg van skaamte. "Spyt kom altyd te laat", is ons spreekwoord. Vir God is dit nooit te laat nie. God sal altyd weer kom soek na sy kinders - "Waar is jy?" is God se roepstem - vandag nog in my en jou lewe. Hy sal altyd van sy kant af opnuut moeite doen met ons. God gee nooit op met ons nie - selfs nie die dood kon Hom keer nie.

Don Franciso sing ook 'n mooi lied hieroor:

Welkom by lekkerkerker

Wat is lekkerkerker? Lekkerkerker is 'n virtuele jeug-gemeenskap. Die bloggers is dominees van die Hervormde Kerk en ons maak beurte om te blog. Enige ou is welkom om by lekkerkerker aan te sluit. Skryf hierlangsaan in.
Waar is lekkerkerker? Lekkerkerker is oppie net - Ja, natuurlik die Internet, nie die tennisnet of die krieketnet nie, miskien wel die visnet - ons is mos vissers van mense en hoe anders vang jy visse as met 'n net?
Hoekom die naam?

· lekkerkerker is 'n Hollandse van (soos du Toit). AFN Lekkerkerker was 'n Hollandse teoloog wat baie boeke geskryf het.

· dit sê ook iets van hoe ons as jong mense die kerk beleef - o ja en dit is so lekker om dit hardop te sê: probeer dit bietjie: l-e-k-k-e-r-k-e-r-k-e-r, ok sê dit nou vinnig drie keer na mekaar: lekkerkerker, lekkerkerker, lekkerkerker, sê dit nou aanmekaar, so: lekkerkerkerlekkerkerlekkerker - gebruik julle selfone se stem-opneemfunksie en stuur vir ons - dan kyk ons wie kan dit die vinnigste sê sonder om te struikel.

· Daar word ook gesê dat die groot "brands" van die wereld twee of meer eksplosiewe klanke in het - soos CocaCola. Ek hoop dat hierdie naam sommer gou deel sal uitmaak van gelowige jongmense.

Logo: Ons het nog nie een nie, want as julle gedink het ons dominees het tyd om logos uit te dink, moet julle weer dink - ons moet preke maak. Kom ons hou 'n logo kompetisie - jy kan niks wen nie, maar eendag as ons groter as facebook is sal ons jou naam noem.

Thursday, February 4, 2010

Die wêreld op ons voorstoep

Dis nie meer lank nie dan skop die Wêreldbeker af. Die grootste sportbyeenkoms hier by ons! Dit het my laat dink, as daar soveel mense na ons land toe gaan kom, dan moet ons dit ook mos aangryp as 'n geleentheid om die Woord te verkondig. Sekerlik is daar ook gelowiges onder die massas wat by ons kom kuier? Het ons onsself al ingerig sodat ons hulle kan ontvang in ons kerke? Het ons al gedink hoe gaan ons ons besoekers bewus maak van ons eredienstye? Het ons 'n plan hoe ons hulle gaan verwelkom in ons eredienstye?
Of dink jy dalk dat ons mors ons tyd om te probeer? Ek kan my nie indink dat ons as gelowiges so 'n geleentheid moet laat verbygaan nie. Het ons al daaraan gedink om ons gemeente inligting te laat by die gastehuise in die omgewing? Sou ons dalk 'n ry-klub kon aanbied vir mense wat ons eredienste wil kom bywoon?
Laat weet bietjie hoe jy hieroor voel of laat jou mening geld in die stemblokkie hierlangsaan.