Krag vir vandag
Toe die mens (Eva sowel as Adam) ongehoorsaam was, kruip hulle weg van skaamte. "Spyt kom altyd te laat", is ons spreekwoord. Vir God is dit nooit te laat nie. God sal altyd weer kom soek na sy kinders - "Waar is jy?" is God se roepstem - vandag nog in my en jou lewe. Hy sal altyd van sy kant af opnuut moeite doen met ons. God gee nooit op met ons nie - selfs nie die dood kon Hom keer nie.
Don Franciso sing ook 'n mooi lied hieroor:
Welkom by lekkerkerker
Wat is lekkerkerker? Lekkerkerker is 'n virtuele jeug-gemeenskap. Die bloggers is dominees van die Hervormde Kerk en ons maak beurte om te blog. Enige ou is welkom om by lekkerkerker aan te sluit. Skryf hierlangsaan in.
Waar is lekkerkerker? Lekkerkerker is oppie net - Ja, natuurlik die Internet, nie die tennisnet of die krieketnet nie, miskien wel die visnet - ons is mos vissers van mense en hoe anders vang jy visse as met 'n net?
Hoekom die naam?
· lekkerkerker is 'n Hollandse van (soos du Toit). AFN Lekkerkerker was 'n Hollandse teoloog wat baie boeke geskryf het.
· dit sê ook iets van hoe ons as jong mense die kerk beleef - o ja en dit is so lekker om dit hardop te sê: probeer dit bietjie: l-e-k-k-e-r-k-e-r-k-e-r, ok sê dit nou vinnig drie keer na mekaar: lekkerkerker, lekkerkerker, lekkerkerker, sê dit nou aanmekaar, so: lekkerkerkerlekkerkerlekkerker - gebruik julle selfone se stem-opneemfunksie en stuur vir ons - dan kyk ons wie kan dit die vinnigste sê sonder om te struikel.
· Daar word ook gesê dat die groot "brands" van die wereld twee of meer eksplosiewe klanke in het - soos CocaCola. Ek hoop dat hierdie naam sommer gou deel sal uitmaak van gelowige jongmense.
Logo: Ons het nog nie een nie, want as julle gedink het ons dominees het tyd om logos uit te dink, moet julle weer dink - ons moet preke maak. Kom ons hou 'n logo kompetisie - jy kan niks wen nie, maar eendag as ons groter as facebook is sal ons jou naam noem.
Friday, January 22, 2010
Aanlyn hulpbronne
Wednesday, January 13, 2010
2010
Vir my is dit 'n groot oomblik om lekkerkerker amptelik bekend te stel. Ek kan nie wag om te sien wat gaan gebeur nie. Word sommer vandag deel van lekkerkerker en laat dinge gebeur. Lekkerkerker het 'n lewe van sy eie en julle gaan bepaal hoe daardie lewe lyk! Neem deel, stuur fotos, stuur links, stuur boodskappe, stuur voorstelle, en stuur idees!
Ek hoop dat dit vir almal van julle 'n wonderlike jaar gaan wees - laat weet my bietjie wat julle beplan! Wat dink jy moet jou gemeente hierdie jaar vir die jongmense doen?